Notisie

Vanoggend was ek laat -- seker sowat 5-10 minute -- vir ons weeklikse departementele vergadering. Ek was nog nooit afwesig vir die vergadering nie en hierdie was die eerste keer in die byna drie jaar wat ek hier werk dat ek laat kom.

Niemand het dit eens opgemerk nie . . .

Martin Grant

The fashion designer Martin Grant really knows how to draw beautiful feminine lines for his women's collection. He brings out a special sensual quality that I like, which makes his models look like queens.









Liefdesgedigte en erotiese verse


Ek het deur die jare 'n klomp liefdesgedigte en erotiese verse geskryf wat net digitale stof in 'n digitale laai opgaar. Skielik besluit ek toe om maar nog 'n blog te begin waar ek van hierdie gedigte kan afstof en uitstal. Maak gerus 'n draai by Ingelegde Lywe.

Ek stel veral belang in kollaborasies, maw saamwerk kunsprojekte. Dalk sou jy van my gedigte wou gebruik en dit toonset tot musiek, of miskien inspireer dit jou tot sketse of fotografie of 'n kort animasie film. Die gedigte op Ingelegte Lywe is onder 'n Creative Commons-lisensie, so sulke kollaborasies word verwelkom. As jy met iets nuuts vorendag kom, laat weet my gerus en miskien kan ons dit dan ook op Ingelegde Lywe plaas of op die woordkunswebblad Pyp-Aanlyn.