Showing posts with label creative writing. Show all posts
Showing posts with label creative writing. Show all posts

Wenke vir die skryf van gedigte

Image Source
Ek het verlede semester 'n kort seminaar gegee in die skryf van poësie. Hier is drie (en twee-derdes) van my hoofwenke:


  • Maak abstrakte stellinge konkreet en konkrete stellinge interesant (deur die gebruik van beelde en simbole -- vergelykings en metafore).
  • Kommunikeer gevoel, maar vermy sentiment en clichés. 
  • Vermy (eind-)rym, tensy die gedig dit vereis. (Betekenisvolle binnerym skep 'eenheid' in die gedig en is wenslik. Daarinteen laat gedwonge eindrym die gedig na 'n 'rympie' lyk -- definitief onwenslik!)
Lekker skryf!

Sien my gedigte-blog: Ingelegde Lywe.

Don't Smoke in Bed & A Poem About the Assassination of a Heart



One of my favourite songs is "Don't Smoke in Bed." I'm not sure why this song resonates with me, because I do not smoke and am unlikely to be romantically involved with someone that does smoke. Nevertheless, there is something wonderfully touching about the lyrics of this song. Even as the narrator is leaving her husband, she still cares for him, she still reminds him not to smoke in bed.

My favourite version is of course the one by Nina Simone, whom I've mentioned on this blog before (see here and here).

Apart from Nina Simone, the other person with whom the song is probably usually associated is Peggy Lee. I especially like the instrumentation in this version.



Patti Smith, the musician partly responsible for the punk rock genre, also does a riviting performance of this old jazz classic.



A more upbeat version in a lounge jazz style is performed by the Eddie Higgins Trio. You might be excused for getting up and dancing to this tune. The trio consists of piano, guitar and bass.



k.d. lang with her beautiful voice provides a beautiful full sounding version, but I do miss the rawness that one hear in Simone and Smith.




In around 2008 my then girlfriend and I broke up after somewhat of a tumultuous emotional period in our relationship. Shortly before we broke up I wrote her the poem below. In the poem the narrator speaks of his lover as an assassin of hearts that will soon come to murder (i.e. break) his heart and in so doing be the cause of his death. At the end of the poem I realised that I needed there to be a personal touch--a loving "don't smoke in bed". After sometime I added the line: "Don't forget to water the flowers"--the idea being that flowers are a symbol of romantic love and by caring for the flowers she will keep his remembrance and symbolically keep their love alive after his passing. In a strange way this poem I wrote was influenced by this song "Don't Smoke in Bed". Basically they have the same themes and tell the same story of broken hearts and separation. Soon afterwards I moved to Korea.


Throughout the night I battle sleep
(my fists broken       my temples bleeding
my knees and elbows chafed from fighting)
lest, like a calamity, the morning breaks
open like an egg       a skull       a heart stuffed
to the brim with love (that undaunted
heartless threatening damned type of love).
And now, as the day comes crawling
(my heart’s assassination on the agenda;
it will, I’m sure, be done with a knife)
and I have little fighting spirit left, I beg you
my love, be swift. I have already
both my stubborn shirt and chest
ripped open (I trust you’ll appreciate it).
My love, both my heart and I am ready
on this day (please don’t torture me further!)
to die enthusiastically an enormous death.
The angels (my guardian angel and yours)
are standing on their marks for a farewell number
(a necro-duet) to call me to the Big Slumber.
Don’t forget to water the flowers.

Hoe sê jy "ek lief jou" in Afrikaans?

Ooit gewonder wat's die verskil tussen "Ek het jou lief" en "Ek is lief vir jou"? Ek het bietjie hieroor besin en 'n kort essay op Ingelegde Lywe daaroor geskryf. Hier is my slotsom:

Met “Ek het jou lief” is liefde in ons besit; 'n intense gevoel in die hier-en-nou. Met “Ek is lief vir jou” verander ek in liefde en vind my vervulling in jou.
Lees gerus die kort essay hier.

bygestaande selfmoord / "assisted suicide"

'n Opinie omtrent bygestaande selfmoord


Ek nes my lewe in klam rooigrond:

'n pêreltjie—oënskynlyk leweloos—skiet
skielik 'n harige stertjie suidwaarts,
'n kordadige nekkie priem noorde toe;
die gevuisde lentegroen koppie
vou oop soos twee palmpies na gebed
of voor applous en glimlag vlinderlik.

Natuurlik, figuurlikgesproke het ek my lewe
so geplant en met die selfde aanmatigheid
wil ek, wanneer die tyd ryp is,
die pêreltjie weer oes—sagkuns ontwortel,
die lewensare se konneksie met die klam
rooigrond kortknip, die vlinder laat verwelk
en die korreltjie wat aan my geleen is teruggee.

Want, toe ek ontkiem het,
was dit 'n deftige—tog toweragtige—affêre
en daarom wil ek ook op 'n betaamlike
manier sterf—sans towerkuns natuurlik—.

Nataniël

Soveel mense weet nog nie watse briljante kunstenaar Nataniël is nie. Met die ou legendes soos Tolla van der Merwe en Jan Spies reeds lankal ondergronds, is Nataniël seker ons land se mees humoristiese storieverteller. Maar om Nataniël met Van der Merwe en Spies te vergelyk is soos om trifle en chocolate mousse met mekaar te vergelyk. Albei is heerlike poedings, maar jy sit nie albei op dieselfde nageregtafel nie. 'n Trifle is geskik, sommer vir enige partytjie. Jy kan trifle eet by die kerkbazaar, 'n kinderverjaarsdagpartytjie, na die Bulls gewen (of verloor) het, by die skoolkermis, op 'n Sondagmiddag. Chocolate mousse is bietjie anders, is dit nie? Daar is iets aan 'n goeie chocolate mousse wat nie heeltemal pas in skoolsale, langs die braaier, of by 'n (geheiligde) vlooimark nie. 'n Ordentelike chocolate mousse is nie 'n alledaagse nagereg nie. Dis nie vir kinders met snotneusies en vuilbekkies en -kloutjies nie. Dis 'n grootmenspoeding. Jy moet bietjie lewenservaring hê vir chocolate mousse en jou tong moet kan onderskei tussen goedkooplekker en kwaliteitlekker. Nataniël is soos chocolate mousse. As jy nog nooit 'n Nataniël storie gehoor het nie, luister na een van sy vertellinge hier.

Maar hy is nie net 'n storieverteller nie. Dalk vertel ek meer oor sy ander talente op 'n ander geleentheid. Intussen, hier is sy webbladsy: www.nataniel.co.za

Die Geselskap Dames van die Vaaldriehoek -- Die begin van 'n storie

As Hannes geweet het dat hy homself later die dag in net sy onderbroek en kouse sou bevind, vasgemaak met cable ties aan 'n lendelam stoel, sou hy 'n beter onderbroek vir die geleentheid gekies het en seker gemaak het sy kouse pas. Sy huidige onderbroek is effe uitgerek en hang papperig om sy heupe; dit was oorspronklik donker blou, maar het intussen tot 'n ongesonde grys uitgewas. Sy kouse is albei swart, maar is van verskillende pare. Die een kous is duidelik hoër teen sy kuit op as die ander.

Die dame met die hoë-hoëhakskoene kom die slegbeligte vertrek binne. Ondanks sy oë brand let hy tog op hoedan haar lang bene in 'n sy-onderbroekie wat met delikate kant afgeëts is, verdwyn. Hannes se hart klop vinniger. Hy is nie seker of sy hartsversnelling die gevolg is van haar kontoere of die wete dat die martelsessie nou weer gaan voortgaan nie. Miskien albei.

Sy kom staan voor hom. Hy kan nie haar gesig uitmaak nie. Daar is slegs een lig in die vertrek, 'n lamp wat direk op hom skyn sodat hy heeltyd sy oë op skrefies moet trek om die pynlike intensiteit daarvan te demp.

“Gaan jy praat?” vra sy in 'n stem wat jazz kan sing sou sy wou, maar Hannes weet dt sy nie sulke volksvreemde ambisies sal hê nie. Jazz-musiek is so ontuis in die Vaaldriehoek soos pap en wors in New Orleans. Hy bly nou al lank genoeg in die Vaaldriehoek om 'n oorsigtelike gevoel te hê vir tipiese musieksmaakvoorkeure. Ongelukkig nog nie lankgenoeg om te weet dat dit gevaarlik is om rond te snuffel by die “Geselskap Dames van die Vaaldriehoek” nie.

Wat is sexy?

Bono
Opsoek na my CV in een van my digitale laaie kom ek op hierdie af. Ek weet nie vir watter okasie ek dit geskryf het nie. Moontlik net om my eie gedagtes oor die onderwerp te orden, of dalk om op my blog te plaas, of miskien vir 'n ander doel. Ek verbeel my ek het dit reeds al op my blog geplaas, maar na 'n vinnige soektog blyk dit tog nie die geval te wees nie.

Ek is gefassineer deur “sexy”. Wat maak iemand sexy?

My vriendin vind byvoorbeeld Bono van U2 vreeslik sexy. Het jy onlangs ’n foto van Bono gesien? Hy het ’n reuse neus en ’n abnormale ken. Buiten vir sy interesante brille is daar niks wat ek as handsome sou klasifiseer nie. Tog vind derduisende mense hom sexy.

Seker so twee jaar gelede was ek en die vriendin by ’n Amanda Strydom konsert in Potch. Amanda, ’n vrou in haar vygtigs, wat lankal haar eens slanke lyf veruil het vir die mollige volumes van ’n middeljarige vrou, het ons verdronk. Sy was ongelooflik sexy. Haar sexyheid is nie in haar lyf nie, maar in haar selfvertroue.

Amanda Strydom (Source)
Sexy is baie keer gesetel in selfvertroue. Sletterigheid ook. ’n Sletterige vrou is vol vertroue dat wat sy uitstal aanloklik is. En ongelukkig werk dit vir party. Maar ’n ware sexy vrou weet dat haar bates te besonders is om aan almal vertoon te word. Sy steek dit verluidelik weg agter winkende klere. Ware “sexy” is ook uiters sensueel. Dis ’n bewuswees van die sintuiglike wat in subtielhede geprikkel word. Daar is min goed wat so irriteer soos ’n vrou wat ruik of sy in ’n bad parfuum gelê het. Gelyktydig is daar niks so lieflik as ’n subtiele geur, dalk jasmyn, wat sagkuns van haar nek af drappeer nie.

John Waters (bekend vir sy film Hairspray) vertel in ’n onderhoud: “I see some women in really scary redneck bars that I go to, that truly look shocking. Like a three-hundred-pound woman with extreme cellulite in a tiny mini-skirt working a bar and strutting her stuff. Is she sexy? Yes, in a wierd way. People who have that confidence and that nerve are really sexy. And if you think you’re sexy, someone else will. You can look really sexy covered up. So I think the women who have knock-out bodies are the ones that should wear Japanese fashion, Commdes Garcons and so on. But they never do. That’s why they all look the same. What I am alarmed about is that all women feel they have to show full breasts all the time.”

Ek dink dis makliker vir mans om sexy te wees. Die “vrou” is al so misbruik deur media dat dit moeilik is vir die gewone vrou om haarself te laat kompeteer. As sy maar net besef dat sexyheid is in die unieke subtielhede. Soveel vrouens probeer die abnormale maerheid van catwalk modelle na-aap. Maar die kunsgeskiedenis is dit eens, die vrou is mooi in haar kurwes, nie in haar reguit lyne nie.

"Blue Nude" -- Henri Matisse
Mans aan die anderkant is mooi juis in die reguitlyne. ’n Man in ’n ordentlike pak klere is gewoonlik aantreklik. As daar een geslag is wat kan baat by gewig verloor is dit mans. Kurwes pas nie by mans nie.

Colin McDowell skryf: “...photography advanced too far and erotical gradually changed into pornography—its vulgar little sister—which is, sadly, all that is left for us today. Top-shelf magazines, DVDs and websites are not about eroticism. They deel instead in quick fixes. Whereas eroticism was predicated on the belief that sex was a pleasure increased in direct proportion to the time spent on it, today it is all too often seen as a form of instant gratification, to enjoy briefly and then forget about. Pole dancing, lap dancing, erotic cinemas and bars have devalued sexual pleasure by blurring the boundaries between eroticism and pornography.”

Ek moet saam stem met McDowell se beskywing en Waters se lament. Seks en sexyheid het goedkoop geword – dis verlaag tot kitskos. En blykbaar is kitskos goed genoeg vir die meerderheid mense om op te leef. Kyk byvoorbeeld na die sexy odes in die Bybelse boek Hooglied: “Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word. Jou slanke gestalte is soos ’n palmboom, jou borste soos druiwetrosse. Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos die van appels, jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei” (Hooglied 7:6-9).Die erotiese, of ware sexyheid, is iets waarin God goedkeuring vind. Maar hoe tragies dat ons dit verniel het tot kitskos.

“Eroticism is about titillation – the slow awakening of sexual pleasure. It involves the gentle interplay of the mind, sense and emotions. It is to be treated as something special and valuable” verduidelik McDowell. “It’s a choice we all make. Intellectual involvement or animal gratification.”

Die essay eindig effe stomp; dit kort nog bietjie werk, maar aangesien dit nie nou juis 'n prioriteit vir my is nie, plaas ek dit maar hier, sommer so ongeredigeer. Die essay is ook op 'n manier 'n tipe manifes vir my liefdesgedigte. Ek hoop dat mense in my gedigte 'n sin van die erotiese sal kry eerder as pornografiese.

Lady Gaga se "Judas" en die stryd met sonde

Lady Gaga se nuwe song “Judas” vanaf haar onlangse album “Born This Way” word baie ongunstig in Suid-Afrika bevind. Vele radioluisteraars het gevra dat die lied van die lug af verwyder word.

Die spreker in die liedjie noem dat sy verlief is op Judas en dat sy Judas se voete met haar hare sal was. Die spreker trek dus 'n paralel tussen Jesus en Judas en sê dat soos Maria Magdalena Jesus se voete met haar trane gewas het en met haar hare afgedroog het, so sal die spreker ook Judas se voete was. Judas word dus 'n paralele Messias of aanbiddingswaardige figuur. Haar liefde aan Judas is onvoorwaardelik. Sy sal Judas vergewe al sou hy haar belieg (“[lie] through his brain”); selfs al sou hy haar bedrieg, “three times,” sal sy Judas vergewe. Judas is nie goed vir die spreker nie, nogtans het sy vir Judas onvoorwaardelik lief, en daarom beskryf die spreker haarself as a “Holy fool.” By implikasie is Jesus dan ook 'n “Holy fool” omdat Jesus se liefde onvoorwaardelik is en omdat hy ons wat hom so gedurig bedrieg vergewe.

Die lied maak 'n vreemde draai met die brug wanneer die spreker haarself as 'n “Fame hooker, prostitute wench” beskryf wat haar gedagtes “vomits.” Die prostituut wat Jesus se voete gewas het, het haar vergifnis vir haar misdade in Jesus gevind. Die spreker in die “Judas” liedjie vind haar vergifnis in Judas: “Judas kiss me if offensed.” Maar ons weet dat Judas se soen die soen van 'n verraaier is. Sy is ongelukkig dat haar lojaliteit aan Judas nie volkome is nie, want “something's pulling me away from [Judas].” Dit is Jesus wat haar wegtrek van Judas af. Sy vind haarself in 'n tweestryd: “Jesus is my virtue, / Judas is the demon I cling to.”

Wat presies Lady Gaga se intensie met die lied is weet ek nie. Indien Judas die sonde in haar lewe is waarmee sy 'n “liefdesverhouding” het, dan het ek baie simpatie met haar. Ek het ook al geskryf oor my eie (liefdes)verhouding met sonde—gedigte geïnspereer uit 'n stryd met gewoonte sondes.

Belydenis

Ek dans met haar. Vat haar styf
om die lyf. Speen aan haar peul-
bors. Hawe haar kors tortuur tong
in my mond. Stort my ongebore
half-kinders in haar kreng brakbuik.
Miopies beskou ek haar vigs
minnenswaardig. Noktambulis
eienaardig is my sinlike wellus
vir haar. Sonde is my houvrou.

Sonde

sy flankeer met my,
lek haar kraakblou lippe af met ’n skilfer tong
en flankeer met my
haar koue linkerhand krewel my broek af
haar benerige regterhand speel met my hare
haar asem, lou soos die dood, walm vanuit ’n diep kasme
in my nek – die tyd vir vrek het aangebreuk
my siel slaan in sweet uit soos na seks
bevlek met onne:
onheil
ongeregtigheid
onbarmhartigheid
só flankeer sy met my,
en ek weet – nou’s dit tyd om te sterf,
af te sterf en die wêreld ’n reiner plek agter te laat,
’n bietjie purer: daar’s een sondaar minder
en daarvoor sterf ek gewillig

En nes Lady Gaga het ek myself ook al as 'n hoerbeskryf, in baie erger terme as sy:

Soos ’n opgefokte hoer
met ’n pruimmoer, ’n suursmoel,
’n opgedroogte hart wat lanklaas
geklop het, lankal uitgeplukte oë
en afgekapte hande, vuilsiekte
en wonde, ’n swartsak vir ’n siel.
Só, het die sonde my gepimp.

Vier hierdie tipe gedigte het ek kritiek ontvang. Daar is vir my gesê dat deur ek oor die sonde skryf (al is dit my eie stryd daarmee), dat ek "rol in die sonde". Dat 'n mens nie in die sonde moet rol nie, is sekerlik goeie raad, maar die kunstenaar het 'n ander motief: om kommentaar te lewer oor die werklikheid. 'n Foto joernalis neem nie slegs fotos van blomme en mooi sonsondergange nie. 'n Ordentlike foto joernalis neem ook (of veral) fotos van ellende, van die afskuwelikheid van oorloë, van pyn en hartseer.

Enige een wat 'n eerlike bewustheid het vir sy of haar eie sonde, weet dat dit 'n tipe verliefdheid tot die daad is. Jy weet dit is sleg vir jou, maar kan dit nie help nie. Selfs die Apostel Paulus was eerlik hier oor:

Rom 7:18, 19, 24 “Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek . . . Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?”

Paulus was dit eens dat as 'n Christen voer 'n mens 'n tweestryd: “Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is” (Rom 7:23). Daar is twee wette in ons; twee magte: een goed en een sleg; die invloed van Jesus en die invloed van Satan. Lady Gaga se lied beskryf dit as: “Jesus is my virtue, / Judas is the demon I cling to.”

Daar is 'n oomblik van hoop in Lady Gaga se lied, daardie sinsnede “Jesus is my virtue.” Nêrens probeer sy haarself verdedig nie. Sy erken dat sy 'n “Fame hooker, prostitute wench” is wat aan sonde vasklou – byna sonder hoop. Paulus se uitlating is soortgelyk: “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?”

Maar dan antwoord Paulus sy vraag: “. . . Jesus Christus, onse Here!” (Rom 7:25); soos Lady Gaga: “Jesus is my virtue.”

Ek probeer nie Lady Gaga se liedjie verdedig nie. Ek stem saam dat dit 'n onsmaaklike trand het, nes my sonde-gedigte. Nietemin, dit openbaar 'n pertinente Christelike punt: Die stryd met sonde is 'n intieme werklikheid – byna soos verslawing en wat is verliefdheid anders as verlawing? Maar daar is hoop: “Jesus is my virtue.” Paulus gaan verder in sy rede en sê dat “die Wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood” (Rom 8:2). Paulus se raad is om ons hoop op God te hou en ons gedagtes weg te draai van die “vleeslike,” en eerder geestelike dinge te bedink. Dit verg 'n doelbewustelike keuse om eerder die “geestelike dinge” te bedink (Rom 8:5). Uiteindelik, soos Jesus gesê het, moet ons kies—ons kan nie twee meesters volg nie. Dis of Judas of Jesus.

Totdat jy nie self uit ervaring weet hoe moeilik dit is om teen intieme sondes te stry nie, moet nie te haastig wees om Lady Gaga te oordeel nie. Totday jy nie self weet hoe dit voel om deur sonde "gepimp" te word tot 'n "opgefokte hoer" nie, moenie my te vinnig oordeel nie.

Daar is twee dinge wat ek oor Lady Gaga kan sê. Dis nie my tipe musiek nie, maar daar is geen twyfel dat sy 'n uitmuntende stem het nie, en baie talentvol is nie. Tweedens, sy's braaf. Dit sit nie in enige een se broek om te doen wat sy doen nie. Noem dit maar sensasionalisme as jy wil. Hoe ook al, dit vereis binnegoed om jouself so bloot te stel.

Ten laaste, wat dink ek van die reaksie van Suid-Afrikaners om te vra dat die liedjie van die radiogolwe verwyder word? Ek hou daarvan. Verbruikers moet meer proaktief wees in wat hulle behoeftes is. Dit is nie nodig dat ons alles opvreet wat die media vir ons gooi nie. Ons moet 'n keuse gegun word en ons strewe moet wees na kwaliteit. Ek hoop Suid-Afrikaners sal ook begin om al daardie ander (Afrikaanse) gemors wat die radiogolwe so besoedel te kritiseer.

Liefdesgedigte en erotiese verse


Ek het deur die jare 'n klomp liefdesgedigte en erotiese verse geskryf wat net digitale stof in 'n digitale laai opgaar. Skielik besluit ek toe om maar nog 'n blog te begin waar ek van hierdie gedigte kan afstof en uitstal. Maak gerus 'n draai by Ingelegde Lywe.

Ek stel veral belang in kollaborasies, maw saamwerk kunsprojekte. Dalk sou jy van my gedigte wou gebruik en dit toonset tot musiek, of miskien inspireer dit jou tot sketse of fotografie of 'n kort animasie film. Die gedigte op Ingelegte Lywe is onder 'n Creative Commons-lisensie, so sulke kollaborasies word verwelkom. As jy met iets nuuts vorendag kom, laat weet my gerus en miskien kan ons dit dan ook op Ingelegde Lywe plaas of op die woordkunswebblad Pyp-Aanlyn.

A Bit of (Creative) Writing About Yellow Dust

I wrote about Yellow Dust yesterday when I explained how radiation from Japan can reach America. The first time, however, I took up the topic of Yellow Dust was for the introduction to a novel I started in 2007. I never finished it, although much of the outline is planned already. It is a project I hope to complete one day. In any case, below is the mentioned introduction.

Image Source

Early spring. China, the Red Dragon, gruntingly wakes from its winter hibernation and starts to clear its throat. It’s been doing so for centuries. Each spring the Red Dragon burps up volumes of yellow dust into the air. Such is the quantity that satellite photos reveal the hairy bank hovering like a demon over all of the Far East. Carried by eastward winds, the bleak breath shadows great parts of China, North and South Korea and Japan. Some years the reptilian wheeze even licks at the shores of North America.
In ages past, the dust dragoon, irritable though it was, was also endured like the annoying ruffling of an older brother his kid sibling. All understood that the Red Dragon’s spawning contributed to the Korean peninsula. Obviously not noticeable in one season, but over centuries these coughs of airborne soil settled on the neck of land, adding, layer by layer, to its girth. And so, the burning eyes and scratchy throats were considered necessary growing pains.
However, the Red Dragon has been ill of late. It turned cyborg. It mechanized. It exchanged its silky scales for factory exhausts. Mixed with industrial pollutants the Red Dragon’s breath had become a nauseating miasma. The once glistening gold from the dragon’s throat had turned rancid. The precious metal powder became heavy metal laden. Now sulphur, soot and ash, carbon monoxide, asbestos, herbicides and other carcinogens cling to the dust and soaks like a deadly smog. Silent and condemning, as if the curse of displeased gods, the yellow dust contaminates the Korean earth. Caught in the foul pant, healthy people gasp asthmatic and sick people die.
Today is such a day. The Red Dragon’s fumes had settled over Seoul, Korea’s capital, like a slab of dehydrated yellow vomit. The weather bureau issued a warning and no one dares outside without masks palmed over mouth and nose.
On this day, with the sun drenched out by a suffocating cloud of mustard, he woke up.
“He” being the main character of our story.

'n Baie kort storie

Eendag lank lank gelede was daar 'n minnaar. Maar ook 'n wewenaar. Hulle was bure. Die minnaar het gevry na die wewenaar se vrou -- voor haar dood natuurlik.

Gedig: Wie?

Wie, hier, kan vir my sê
waar die westewind
haar kop neelê;
waar die oostewind
haar skuiling vind;
waarom my mooi liefling
weggegaan het,
waarom sy my hier
agter gelaat het?
Wie?

my vrou is 'n boervrou

my boervrou spit in die tuin
sy spit die aarde in klowe oop
groot vrugbare oopwondklowe
met haar groot ysterspit

soos Agdistis is my vrou
my boervrou bevrug Moeder Aarde
kloof haar oop en stort haar saad daarin
my vrou is 'n vrugbaarheidsgodin

AAARRGGHH!!!

Dit is nou die tweede keer dat ek 'n bepaalde kreatiewe woordskets skryf van 'n ou paartjie wat ek op die moltrein gesien het wat net verdwyn. Ek het die eerste keer die stuk geskryf en vanaand toe ek dit wil oorlees kan ek dit nêrens vind nie. So toe dag ek laat ek dit gou oor skryf. Net toe ek klaar is en die laaste bietjie redigering wou aanbring toe druk ek verkeerde kombinasie warmsleutels en vee die ook perongeluk uit, sonder enige "undo"-opsie. Dis asof daardie twee vir wie ek voyeuristies op papier vasgelê het (ek het notas omtrent hulle in my notaboek geneem) wyer om enige ander plek te wil beland.

Is daar nog gremlins in my PC?

Poetry (Class) Blues


So my poetry class is down to seven students. One student, when I asked her why she thinks this is, told me that the Korean students prefer to receive literature instruction from Korean lecturers because its easier for them to understand. Studying English poetry in a language other than English seems to beg the question, but then again, I'm the foreigner in this country. Since 19th & 20th Century American Poetry is not a required course, if the student number drops below seven it will automatically be canceled. The deadline is tomorrow at 3pm. Alternatively, I can decide to cancel the class now if I so choose. Or I can hope that the number will stay at seven students and if it does the class will continue with a handful of dedicated students that are truly interested in poetry and accepts my teaching style, which requires critical thinking -- a rare requirement in an education system that places its emphasis on memorization.

If the class is canceled it would mean three extra hours a week for me that I will have free, not to mention the time it would free up that I would have spent on class preparation and grading. The con is that I will get a cut in my pay check of around $300 a month for the next six months, which adds up to a loss of $1800 (nearly R13 000).

To be honest, I would like to teach the class as it is the only literature class I'll be teaching this semester. I love teaching poetry; I see myself as a teacher of poetry before a teacher of language skills and academic literacy. It is the only class on the list of classes that I'm teaching this semester that truly gets me excited. However, if I were not to teach the class, the extra off time could be greatly spend on research and academic writing -- something I've been grossly neglecting over the last two years. I would also have the time to start an extra-curricular class in poetry writing. My master's degree is in Creative Writing and I'd really enjoy teaching creative writing, particularly poetry writing. With extra time available I'd be able to start an "English Poetry Writing Club".

So the count down starts. There are about twenty six hours until tomorrow 3pm at which point I'll know if this class will continue or not and how the rest of my semester will be affected.

My Name Is Asher Lev


I recently read the novel My Name Is Asher Lev by Chaim Potok, first published in 1972. One of my professors from South Africa told me long ago that I remind her of the main character, a young red headed Jewish boy, whom is an art prodigy. I’ve always wanted to read the book, but never got so far . . . until now.

What surprised me about the book is how much the character Asher and I have in common. I was somewhat shocked that this professor should know so many things about me. Things more obscure than the fact that the main character, Asher, and I both have red hair. I am of Jewish decent (did she know this?) and although I am not of the Jewish faith, I do keep some customs which are ordinarily associated with Judaism. Like Asher, I keep the Sabbath and also only eat kosher food. I would not call myself a child prodigy like the main character, but I have always been very creative and have been ostracized by many of my peers as a child for my “oddness.” Like Asher I suffered from depression as a child, often feeling exhausted without cause and not understanding what was wrong with me. Also, both my mother and this character’s mother suffered from depression. Like Asher, the older I got and the more my sensitivities became apparent the less my father and I had in common. Unlike Asher’s father who pertinently opposed his art, my father merely left me in my mother’s care. Now as an adult I cannot blame my father – he was a car mechanic by trade and a business man by profession. None of these things I had an interest in, nor did these careers equip him with the skills to nurture an overly emotional, creative and artistic boy. Like Asher, as a child I spent numerous hours by myself just drawing. I wish I could say that I became a well known and highly successful artist – I did not. I traded pencil and paint for the typewriter and am still honing my craft.


I often miss expressing myself in lines and shapes, colours and shades. The novel inspired me to do some visual art again. I have many ideas; maybe I’ll still bring them to life. I often lament that I went to study graphic design
– I should have studied fine arts. Sometimes I wonder how my life would have been if I did a masters’ in History of Art, instead of Creative Writing. If I did, I would probably not have worked as a lecturer at a university in Korea. They need people in the (English) language field more than people in the arts. Still, one cannot help but wonder at times how one’s life may have been different had different opportunities come along. But they didn’t. It was a scholarship for Creative Writing that presented itself. And I’m thankful. Writing is a good medium – one can colour with paint and with words. One can give shade with pencils and with metaphors.

I also realised, while reading the novel, that I have another thing in common with main character. Asher’s art was often in contradiction to his religion. Some of my best ideas are things that clash with my religious heritage. Unlike Asher I have not had the fortitude to put them to paper / canvas yet.

Dagdroom


Ek wens ek het ’n geliefde gehad vir wie ek die volgende woorde kon sê:

"Jy raak aan my en vir die eerste keer voel ek myself. Jy kyk na my en vir die eerste keer sien ek myself. Jou oë tas my en jou vingerpunte sien my en ek voel reg nes ek is, want jy het my lief. Want ek het jou lief."

"Vuurvors" -- 'n fantasie-avontuurverhaal


Hier is die openingstoneel vir 'n fantasieverhaal waaraan ek nou al 'n geruime tyd skryf. Met geruime tyd bedoel ek 'n jaar of twee. Om eerlik te wees, die verhaal vorder nie juis nie. Daar is tans sowat ses bladsye en 'n handjie vol tonele in my kop wat nog moet lewe kry. Ongelukkig is daar nog geen duidelike plan / plot nie. Net flitse in my kop en ek weet nie regtig hoe en waar hulle in pas nie. 'n Verdere probleem is dat ek seker 'n dekade laas aan fantasie gewerk het. Verder weet ek ook nog nie wie my teiken mark is nie. Volwasse fantasielesers? Is daar ooit so iets in Afrikaans? Tiener fantasielesers? Moet ek die verhaal dalk eerder in Engels aanpak? Die storie is moontlik 'n "lost case." Laat weet maar indien jy dink dat dit die moeite werd is om daarmee aan te gaan.

Die grys oggend stoom. Daar is nie ’n wind nie, nogtans zoem ’n dreuning in die lug asof ’n storm êrens anderkant die horison aan die kom is. Oor ’n grasvlakte, wat soos ’n geelpels teen die oggendkilte gepof staan, kom ’n perd en ruiter volspoed gejaag. Die perd is natgesweet en skuim in die flanke, sy neusgate groot. Die ruiter lê laag teen die rooibruin skof. Oor die ruiter se skouers is ’n beervel stuif getrek teen die koue.

Die ruiter kyk terug in die rigting van die dreuning. Agter die kim het intussen ’n grys wolkie opgekom. Net onder die wolkie begin die oggendson boggel. Die ruiter por die perd nog vinniger aan. Die grysvlek op die horison raak groter en lê soos ‘n serp om die son. Met elke omkyk is daar meer daarvan.

“Ja! jaa!” gil die ruiter en hits met die teuls. 

Uiteindelik is die gezoem nie meer net ’n onherkenbare maling van klanke nie. Sekere geluide kan geïdentifiseer word. Daar is die druis van baie vlerke soos met ’n groot swerm voëls – ’n gedruis soos ’n reuse waterval. Dan is daar ’n kakafoniese koor van skril fluite gemeng met die lae vibrasies van diep gromme. Die ruiter herken ’n tipe patroon in die klanke. Van die fluite roep; ander fluite antwoord. Daar is geen twyfel nie – die gromme kommunikeer.

Wanneer die ruiter weer oor sy skouer loer is die swerm drake herkenbaar. Die wesens lyk nog klein weens die afstand, maar hy kan hulle vorm duidelik uitmaak – afgeëts soos motte voor ’n lantern: die wye vlerke wat skielik op lig en dan met harde slae die akkedislywe vorentoe beur; die lang gansnekke; die sterte lyk na vlieënde slange.

Skielik gly ’n dowwe skaduwee bo-oor die ruiter. Met wydgespande vlerke gly ’n draak voor hom verby, honderde meters vooruit. Die reptiel klap twee, drie-keer vir hoogte, tilt sy gewig en tol moeiteloos om die punt van ‘n vlerk sodat hy die ruiter nou van vooraf aanstorm.

Die draak duik vorentoe, span meteens sy vlerke terug en vang volumes lug daarin. Die gevleulde reptiel kom oombliklik vertikaal orent. Die nek teur terug soos dit longe vol lug suig. Dan, asof dit hoes, spoeg die draak ’n straal vuur.

Die perd koes na links, die voorwaarste momentum is te veel en dit tuimel grond toe. Daar is ’n harwar van vaal lug, gras, vaal lug, gras, vaal lug, gras en uiteindelik lê die ruiter ongemaklik op sy maag – die beervel eenkant. Vir eers wil hy net lê en gewoond raak aan die skietpyne deur sy lyf, maar die aardige geneul van sy perd trek sy aandag. Hy dwing homself orent. Agter hom is die grasveld aan die brand. Rook dans in slierte hemeltoe. Op ’n afstand, skuins langs hom, het die draak geland. Met een klou trap dit die perd sonder moeite teen die grond vas. Die reuse bek sak soos ’n aasvoël op die prooi neer. Die draak skeur die agterste kwart van die perd moeiteloos los, gooi die stuk vleis effens die lug op, vang dit met ’n hap en sluk dit weg.

Die ruiter besef dat die draak se aandag slegs vir ’n kort rukkie besig sal bly met die perd en die res van die swerm drake is reeds oorverdowend naby. Daar is nie tyd om sentimenteel te raak oor die vos wat sy vriend was sedert die begin van sy opgelêde taak nie.

Hy kom vinnig op sy voete. Sy donkerbruin toga is nat van die dou op die gras en klad teen sy lyf. Die toga na-aap die man se geoefende lyf. Sy bou is gespierd maar lenig.

Uit die leersakkie wat aan sy gordel hang neem hy ’n gladde klippie en hou dit voor hom uit in ’n oopgestrekte palm. Hy skree ’n woord wat verdwyn in die galm van die swerm wat al aansienlik nader is. Die steun blaak geel; aanvanklik flou maar met elke herhaling van die inkantasie gloei dit helderder.

Die flitsende lig trek die vretende draak se aandag. Soos ’n kat sit dit terug op sy hurke, spring meteens en land met reuse talone op die plek waar die Magiër ’n oomblik terug gestaan het. Die Magiër het verdwyn; slegs ’n die beervel en ’n bietjie oorskot van ’n perd getuig dat daar onlangs iets anders as die vlieënde reptiele was. 

Die swerm drake is intussen oorhoofs en lyk na ’n wolkbank gigantiese vlermuise.

*

Die Magiër verskyn elders. Hy val op sy knieë en huig na sy asem asof sy wind uitgeslaan is. Sy geroggel eggo deur die groot vertrek. Uit rye klein venstertjies hoog teen die dak spits stawe oggendlig en brand ’n traliewerk van kolle teen die teenoorgestelde muur. Dis ’n troonkamer.

Gekneusde appelkose


Haar hare ruik na appelkose. Soet, vars appelkose. Ek lê met my gesig in haar hare; ek omhels haar van agter. Haar lieflike heupe kruin in my buik asof ek ’n moeder en sy my ongebore kind is en so wil ek verewig lê. Haar asemhaling is rustig nes ’n laaggety. Slaap sy altyd so rustig? Dis oggend maar ek durf nie roer nie. Netnou word sy wakker, staan sy op, begin die dag, die res van die lewe, en het hierdie oomblik aanbeweeg. Aanbeweeg soos gisteraand toe ek haar gekneusde appelkose met al vyf sintuie geproe het.

Gedig


Op persketakke lê soos watte die voorvrugte.
Só, op my hart blom my liefde – onverdun.

My beminde, hou nie jou rooi hart gegrendel nie:
die hart is ’n papie wat eens nog moet vlerke kry,
wat oop moet maak soos biddende hande na gebed,
soos ’n lotus voor die son, soos twee pare lippe
vir mekaar, soos bene vir bekende heupe,
soos vriende se kaalpersoonlikhede.

Want in die laat winter bot die perskes
en deur die koue groei die liefde soos tienerborste.

My beminde, hou nie jou soet mond toe nie:
laat my tong soos ’n vinger jou snare stram,
jou perkussie plekke kielie, jou diep liefdesgrotte
maak eggo soos roepende katedraalklokke,
wat luidkeels ween oor die hoog gestookte liefde
en jou brandstapel waarop ek hartstogtelik verteer.

Hoogsomer dra die perskebome swaar aan vrugte
en loop die harte oor van bloed en liefde.

My beminde, vergeet nie die ou verhale nie:
van Adam (óf Romeo) wat deel aan die giftige perskes
en deel aan die lot, want die liefde se drif vrees nie
die dood nie, dit loop doelgerig die duisternis in –
braaf soos Christus, wánt, my beminde,
die slot van die dood bind nie die liefde nie.