Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Jack Parrow, Katie, Mmê Emily and The Help

In a recent post about Afrikaans rap and Hip-Hop music I mentioned how I'm not a big fan of the Afrikaans rapper Jack Parrow. But let me not be a spoil sport for others that enjoy him. Someone just now showed me the video below of a help (maid) in South Afrika, most likely working for a white family, and listening to the Afrikaans rapper on television. Watching her do her work with that amount of enjoyment she derives from Afrikaans rap will bring a smile to anyone's face and is possibly the best marketing for popular alternative Afrikaans music I can imagine.



It also made me think of Koos Kombuis' Afrikaans song "Katie", in memory of the maid that worked for his family and helped raise him. In the lyrics of the song he proclaims that their maid "was not merely a maid / but also a mother" [my translation] to him. In the video below Christo Wolfaardt does a rendition of the song "Katie".



This song by Kombuis is one of his most famous, probably because it resonates with so many white South Africans that grew up with an "Ousie" (Afrikaans word derived from "ou suster", meaning older sister, and used to describe a maid or house help). For many white South Africans of around my generation "the maid" was more than just another worker; for many of us, our Ousie was a second mother.

Me and my "mother" Emily.
Mine, was definitely a second mother. She worked for our family for 27 years. Her name is Emily but I often called her "Mmê Emily". Mmê is Sesotho for mother. She is actually ethnically Zulu, but the area we lived in was predominately Sotho, so she spoke Sesotho to me. The name I use and which all my family and friends use is a Sesotho name and was actually given to me by Mmê Emily.

She is retired now and currently lives in the Sebokeng-area, Vaal Triangle. The last time I visited her was in 2008. I hope to go visit her again next month, God-willing, when I visit South Africa.


Recently I watched the film The Help (2011), based on the 2009 début novel by Kathryn Stockett. The Internet Movie Database gives the following synopsis: "An aspiring author during the civil rights movement of the 1960's decides to write a book detailing the African-American maid's point of view on the white families for which they work, and the hardships they go through on a daily basis," and gives it a rating of 8 out of 10. The American Film Institute listed the film as one of the ten films of the year. For people like myself, coming from a white family, who grew up with a nanny who is a person-of-colour, the film was particularly touching. Although the set-up in America and in South Africa worked differently, the similarities are enough for South Africans to also appreciate The Help, and appreciate our helps, as I appreciate my Mmê Emily.

(Suid-) Afrikaanse Rap

Ek kan nie sê dat ek noodwendig 'n aanhanger is van rap is nie. Wat ek bedoel is, ek is nie 'n super fan nie, is nie ophoogte met al die nuutste albums nie, en hou nie trek met al die nuwe kunstenaars nie. Terselfde tyd kan ek ook nie sê dat ek geensins na rap luister nie. Ek was ook opgesweep met Eminem en terwyl ek nie tans juis na hom luister nie, het ek waardering vir sy sosiale kommentaar. Ek luister ook graag na K'naan -- was bewus van hom sedert sy album "Dusty Foot Philosopher", voordat hy 'n fenomeen geraak het tydens die sokker wêreldspele met sy "White Flag"-enkel. Dan is daar Kanye West. Ek het twee van sy albums, die nuutste een waaroor ek nie huistoe sal skryf nie, maar ook die vorige een 808's & Heartbreak, wat ek beweer 'n baanbrekersalbum in die Hip Hop-industrie is.

Wat Suid-Afrikaanse rap betref, Die Brasse vannie Kaap het my regtig opgewonde gehad en ek mis hulle nogals. Hulle het inderdaad 'n verskil onder die Kleurlinggemeenskap gemaak en was sonder twyfel baanbrekers in Afrikaanse kontemporêre musiek-industrie.

Na Die Brasse het ek eintlik min Afrikaanse rap gehoor. Ek het bewus geraak van Jack Parrow en Die Antwoord (soos almal maar), maar nie juis met enige intensie om hulle musiek op my speellys te hê nie.

Onlangs het ek bewus geraak van nog 'n Afrikaanse rap-groep, Bittereinders. Wat 'n bevange naam! Hierdie is wel 'n groep waarvan ek meer wil hoor en beplan om hulle album te koop wanneer ek volgende maand Suid-Afrika toe gaan.





As jy op YouTube soek na Afrikaanse rap kry jy 'n klompie videos van skoolkinders waarvan hulle eerste taal nie Afrikaans is nie, maar wat vir 'n projek hulle gunsteling rap songs in Afrikaans moes vertaal en voordra. 'n Vyfhand vir die onderwyser! Dit maak my uitsien na al die Afrikaanse musiek wat nog voorlê!

My Afrikaanse speltoetser-panarie


Boer-in-Ballingskap het vir my hierdie skakel gestuur waar 'n mens 'n gratis Afrikaanse speltoetser en woordafbreker kan aflaai. Omdat dit 'n Pharos-produk kan 'n mens vertrou dat dit 'n goeie produk is.


Die enigste probleem is dat hierdie speltoetser werk in tandem met Microsoft Word. Ongelukkig gebruik ek nie Microsoft Word op my persoonlike rekenaar by my woning nie. Byna al die programme op my rekenaar is oopkode ("open source") gratis programme. Ek gebruik die Open Office-pakket as my woordverwerker. Ek het wel die Microsoft Office-pakket op my kantoorrekenaar, maar wanneer ek by die werk is, funksioneer ek eksklusief in Engels en het dus nooit behoefte aan 'n Afrikaanse speltoetser nie. So bevind ek my dan tans in 'n paradoksale-panarie. By die huis waar ek by tye 'n Afrikaanse speltoetser benodig kan ek dit nie gebruik nie, en by die werk waar ek dit kan gebruik het ek dit nie nodig nie.

Ek kort kuns -- ek kort 'n Aardklop

'n Portret deur Marie Stander
vir haar Aardklopuitstalling:
"Antjie is wat die kinders my noem."
Binnekort is dit weer sulke tyd -- Aardklop-tyd. En as daar nou 'n tyd is van die jaar wat ek Suid-Afrika mis is dit hierdie tyd van die jaar.

Hoe graag sou ek nie na Amanda Strydom wou gaan luister het! In my opinie is Strydom Suid-Afrika se nommer een verhoogdiva. Haar vertoning "Binnekamer" is in same werking met Deon Opperman, vir wie ek baie respek het sover dit sy bydrae tot die vermaaklikheidswêreld in Suid-Afrika betref.

Of Rocco de Villiers en Annake de Villiers se "Beeld Skoon / But Beautiful" beloof om 'n musikale rit te wees soos min. Albei is uitmuntende musiekante. Ek onthou die eerste keer wat ek Rocco lewendig beleef het; ek het onmiddelik die CD gaan koop.

As ek myself moes dwing tot slegs twee shows sal dit eerstens Nataniël insluit. Sy vertonings dryf jou tot trane. Soms huil jy van die lag. Ander kere huil jy net vir die elende van mens wees. Nooit verlaat jy 'n vertoning sonder dat jy oor diep dinge gedink het nie. Verskeie gaskunstenaars deel die verhoog in "Weeksaand: Las Vegas". Die ander show wat ek bitter graag sou wou sien is "Projek: Nuwe Maan" met Laurinda Hofmeyer, Riku Latti en Les Javan. Iemand wat lief is vir woorde, vernaam Afrikaanse woorde kan nie verkeerdgaan met die vertoning nie. Aai . . .

Lucas Maree se "Ek sal kan doen met 'n miljoen" gesing in Frans

Hoe kan 'n kabaretliefhebber soos ek Myra Maud se Afri-Franse vertoning "Viva La France" misloop? (Sien en hoor 'n voorsmakie hier.)

Dan praat ek nie eens van die visuele kunste nie! Dink byvoorbeeld aand die poësie in beeld vertoning deur Kai Loss Gott, of die feeskunstenaar uitstalling van Sam Nhlengethwa, of die Leonard Cohen-tribuut, of . . . so kan ek aan hou.

Ag tog! Ek mis die kunste. Hier in Korea kry ek blootstelling aan baie wêreldklaskuns, maar tydens Suid-Afrika se kunstefeeste, soos Aardklop, is dit net soveel meer gekonsentreer. So in jou gesig. Dis wanneer ek aan die kunste en kunstefeeste dink dat ek voel dat my huidige job is nog nie presies waar ek in my lewe wil wees nie. Ek's geluk in my werk -- het net vandag weer dit vir myself hardop gesê -- maar ek kort nog meer kuns in my lewe. Ek kort 'n Aardklop!

Fokofpolisiekar en Placebo

Wat het Fokofpolisiekar en Placebo in gemeen?

'n Swart boks.

In 2009 stuur my jonger broer vir my die skakel na die YouTube-video van Fokofpolisiekar se song "Antibiotika". Hy het die video verontrusstellend gevind en wou weet wat ek daarvan dink.



In reaksie stuur ek vir hom 'n skakel na hierdie video van Placebo se song "Teenage Angst".



Die res van my repliek lui as volg:

Lyk die swart boks dalk bekend?

Ek dink dit ("Teenage Angst") is moontlik die sleutel om die Fokofpolisiekar song te ontsluit. Fokofpolisiekar se song is waarskynlik, soos Placebo se song, 'n refleksie van die angs van tieners. Fokofpolisiekar sing "Die goddelose het geen heenkome . . . ruik soos tienergees, tussen die spoke." Die frase "tienergees" kan verwys na hierdie song "Teenage Angst" van Placebo, of meer akkuraat, seker "Smells Like Teen Spirit" van Nirvana.



In iedergeval, die musiek is bloot 'n refleksie van die angs en onsekerheid wat die postmoderne jeug beet het.

Met hierdie in gedagte dink ek eintlik positief oor Fokofpolisiekar se video. Ek het nie die lirieke gelees nie (as jy dit in die hande kry, stuur dit asb vir my), maar dis asof die swart boks die angs en alles wat negatief is vir die jongmens simbolisiseer. Daarinteen staan die witkruis as 'n baken van hoop [vir die goddelose].

Hierdie is sommer net vinnige gedagtes wat sekerlik meer bepeinsing vereis.

'n Snaakse gesprek tussen ek en my boetie. In 2009 was ons onderskeidelik 31 en 21 jaar oud.

Vanaand het ek en hy weer gesels. Hy het vir my vier musiekstukke gestuur wat hyself gekomponeer het en op klavier gespeel het. Drie daarvan is profesioneel opgeneem in 'n studio. Een het hy op sy selfoon opgeneem. Ek sien daarna uit om nou daarna te gaan luister.

Intussen wonder ek weer oor die swart boks in Fokofpolisiekar se video. Is die mense wat vasgevang is in daardie swart boks dieselfde mense wat vasgevang is in Placebo se musiekvideo. Maw, is Placebo gaskunstenaars in Fokofpolisiekar se video? En hoe pas Nirvana in hierdie prentjie in. Daar is nie swart bokse in hulle video nie, of is daar? Die lirieke van "Antibiotika" verwys beslis na Nirvana se song. En hoekom daardie wit kruis. Die wit kruis staan duidelik in jukstaposisie met die swart boks. Is ons veronderstel om te glo dat Fokofpolisiekar, 'n selferkende ateïstiese groep, Christenskap as oplossing, as "antibiotika", aanbied teen die angs, vasgevangendheid en hopeloosheid wat die swart boks simboliseer. Weereens sommer net vinnige gedagtes wat sekerlik meer bepeinsing vereis.

Ek skrik nie vir Afrikaans se "nieë" nie

Vroeër vanaand skryf ek 'n gedig. In die eerste reël val dit weg met 'n dubbelnegatief:  "Verewig is nie soos 'n leeftyd nie". Ek kyk toe bietjie terug na van my ander gedigte en kom op hierdie een af waar ek die nieë sommer so reël op reël ryg: "[wanneer jy sterf] gaan ek nie geboorte gee aan trane nie— / die Dood verdien nie geboortes nie / ek gaan nie eerbiedig knik nie / my huid formeel in swart omlyf nie / of lelies vir só okasie rangskik nie—".

Ek is nie bang vir Afrikaans se dubbel-nie nie. Baie digters vermy die dubbelnegatief omdat hulle dit 'n hindernis vind wat rym betref, maar ek glo 'n mens kan steeds effektief die dubbelnegatief gebruik in rym. Kyk bevoorbeeld na die eerste stanza in hierdie gedig van my:

My geliefde het die pad gevat,
opgerol en oor haar skouer gegooi.
Ek kan g’n spoor vind om te sny nie,
haar lyn is op g’n kaart te kry nie.

Die geheim is nie om die nieë tot eindrym te beperk en sodoende 'n inherente (en oninteresante) rym te bewerkstellig nie. In plaas van eindrym speel 'n mens met die binnerym. Die onderstaande versie getiteld "Versoen" is 'n voorbeeld van wat ek bedoel.

laat ons nie te haastig wees
om die liefde totsiens te soen nie –
’n gesoenery is in elkgeval bedoel
vir versoenery en nie groetery nie.
Alhoewel ons hier "nie" in die eindrymposisie in reëls twee en vier het, is die rym vroeër reeds gevestig as binnerym. Dit begin in reël een met die eerste van die twee dubbelnegatiewe, maar die binnerym herhaling vir daardie eerste "nie" vind ons in reël twee in die [ie]-vokaal in "liefde" en "totsiens". Die viertallige herhaling van "nie" word geballanseer deur ander binnerym, byvoorbeeld die herhaling van die [oe]-vokaal ("soen", "gesoen-", "bedoel", "versoen-", "groet-") en die [y]-diftong ("gesoenery", "versoenery", "groetery").


Hier is nog een vol nieë.

As ek sterf, grawe nie 'n diep graf
vêr van die son af nie;
grawe vir my 'n vlak graf
sodat ek nie koud kry nie.
Tot dan, hou nie jou hart vêr
van my af nie; bly vlak neffens my.

'n Mens kan argumenteer dat hierdie gediggie sou baat deur van die dubbelnegatiewe te verwyder. Ek kon die gedig byvoorbeeld geskryf sonder 'n paar van daardie nieë en onmiddelik beter eindrym tot gevolg gehad het:

As ek sterf, grawe nie 'n diep graf
vêr van die son af;
grawe vir my 'n vlak graf
sodat ek nie koud kry.
Tot dan,
hou nie jou hart
vêr van my;
maar bly vlak
neffens my.

Die gedwange eindrym dra min by tot die natuurlike vloei van die gedig. Dit lees, selfs met die reëlafkappings, lomp. Die natuurlike ritme wat ons in Afrikaans verwag in 'n negatiewe sinsnede ontbreek. Dit kan natuurlik die bedoeling van die digter wees om die verwagte ritme teen te gaan, maar sodoende dwing 'n mens 'n fokus op die noodwendige manipulasie van die taal in poësie, wat mynsinsiens die intuïtiewe kommunikasie van die gedig onderbreek.

My punt is eenvoudig. Daar is geen rede om te skrik vir Afrikaans se nieë nie, selfs nie in die digkuns nie. Om die waarheid te sê, ek dink dit bring 'n aangename eiesoortige ritme aan Afrikaans. Dit funksioneer ook as 'n wonderlike benadrukking van die negatief. Wanneer jy onnodig met die nieë begin peuter, vestig jy aandag op iets wat nie noodwendig aandag vereis nie, en onttrek jy daardeur van dit wat jy hoofsaaklik wou kommunikeer.

Sommer maar net 'n paar middernagtelike gedagtes. Aai, ek moes al lankal bedtoe gegaan het!

Moeder/taal

Vanoggend het ek 'n slegte droom gehad. Ek het gedroom dat ek en my ma 'n rusie het. Ek kan onthou waaroor ons 'n uitval gehad het nie, maar onthou hoedat ek wakker geword het met baie negatiewe emosies. My ma is nou al 10 jaar lank oorlede. Ek kan nie dink hoekom ek juis oor haar sou droom, en veral sou droom dat ons oor iets vassit nie.

Later vandag het ek kortliks 'n ander Suid-Afrikaner ontmoet en so bietjie in Afrikaans gesels. Dit was vir my skokkend om na myself te luister. My Afrikaans het duidelik 'n verengelsde aksent. Boonop kon ek myself op verskeie kere nie behoorlik uitdruk nie en moes ek terugslaan Engels toe. Ek wou byvoorbeeld sê: "God doesn't believe in coercion," maar het nie geweet wat "coerce" in Afrikaans is nie. 'n Vinnig draai by Google Translate, nou net, vertel my dat "coerce" is "dwing": "God glo nie in dwang nie." Hoe is dit dat ek 'n eenvoudige Afrikaanse woord soos dwing/dwang eens meer kan onthou nie?! Aai, ek wil darem nie so agteruitboer in Afrikaans nie. 

Ons Blêrkas van Afrikaanse volksmusiek


Mangosotho Buthelezi sing "Hoe ry die boere."

So ruk terug het ek gewonder oor die lirieke van "Hoe ry die boere?" en toe die woorde vir die ou volksliedjie wat ek op laerskool gesing het op die Internet gaan opsoek. Ek kom toe op hierdie wonderlike webtuiste af genaamd "Ons Blêrkas" met 'n groot korpus ou Afrikaanse volksmusiek.  En wat 'n skatkis is dit nie! Soveel van daardie ou volksliedjies wat al byna vergete is, is hier opgeneem met midi-klankleërs met die wysies van die liedjies.Ek is bekend, tot my verbasing, met 'n klomp van die liedjies, maar daar is ook 'n groot gros liedjies waarmee ek nie vertroud is nie. Dis vertroostend om te weet dat so 'n webtuiste bestaan om die nalatenskap van Afrikaanse volksmusiek bewaar.

Alhoewel ek baie uitgesproke is oor die swak Afrikaanse musiek wat so gewild is, is ek nietemin bly dat Afrikaans tog steeds floreer as taal en vernaam in die musiekbedryf. Weens my geografiese geïsolleerdheid mbt Afrikaanse kunste is ek bietjie uitvoeling met wat tans in Afrikaans gebeur. Ek probeer maar elke jaar wat ek Suid-Afrika besoek uitvis omtrent die nuwe Afrikaanse treffers en Afrikaanse musieksterre. Ek is ook bly om te hoor oor Chris Chameleon se nuwe stel toonsettinge van Ingrid Jonker se verse. Ingrid Jonker was sedert jare gelede een van my drie gunsteling Afrikaanse digters. (Die ander twee is T T Cloette en Antjie Krog.) Ek het nog nie Chris Chameleon se nuwe album gehoor nie, maar sal dit waarskynlik binnekort vir my aankoop. So elke af-en-toe koop ek vir myself 'n Afrikaanse album aanlyn.

Intussen lees ek maar deur die lirieke van Afrikaanse volkliedere op Ons Blêrkas. 'n Eienaardige interesantheid omtrend die webtuiste is dat dit 'n onderlaai van die elektries- en elektroniese ingenieurswese departement van Stellenbosch Universiteit is. Hoekom word die webblad nie onder die universiteit se Afrikaanse departement of musiekdepartement se webtuiste gestoor nie? Dis snaaks om te dink dat êrens in 'n ingenieurswese departement sit 'n elektriese ingenieur en volkswysies versamel.

Nataniël

Soveel mense weet nog nie watse briljante kunstenaar Nataniël is nie. Met die ou legendes soos Tolla van der Merwe en Jan Spies reeds lankal ondergronds, is Nataniël seker ons land se mees humoristiese storieverteller. Maar om Nataniël met Van der Merwe en Spies te vergelyk is soos om trifle en chocolate mousse met mekaar te vergelyk. Albei is heerlike poedings, maar jy sit nie albei op dieselfde nageregtafel nie. 'n Trifle is geskik, sommer vir enige partytjie. Jy kan trifle eet by die kerkbazaar, 'n kinderverjaarsdagpartytjie, na die Bulls gewen (of verloor) het, by die skoolkermis, op 'n Sondagmiddag. Chocolate mousse is bietjie anders, is dit nie? Daar is iets aan 'n goeie chocolate mousse wat nie heeltemal pas in skoolsale, langs die braaier, of by 'n (geheiligde) vlooimark nie. 'n Ordentelike chocolate mousse is nie 'n alledaagse nagereg nie. Dis nie vir kinders met snotneusies en vuilbekkies en -kloutjies nie. Dis 'n grootmenspoeding. Jy moet bietjie lewenservaring hê vir chocolate mousse en jou tong moet kan onderskei tussen goedkooplekker en kwaliteitlekker. Nataniël is soos chocolate mousse. As jy nog nooit 'n Nataniël storie gehoor het nie, luister na een van sy vertellinge hier.

Maar hy is nie net 'n storieverteller nie. Dalk vertel ek meer oor sy ander talente op 'n ander geleentheid. Intussen, hier is sy webbladsy: www.nataniel.co.za

Die Geselskap Dames van die Vaaldriehoek -- Die begin van 'n storie

As Hannes geweet het dat hy homself later die dag in net sy onderbroek en kouse sou bevind, vasgemaak met cable ties aan 'n lendelam stoel, sou hy 'n beter onderbroek vir die geleentheid gekies het en seker gemaak het sy kouse pas. Sy huidige onderbroek is effe uitgerek en hang papperig om sy heupe; dit was oorspronklik donker blou, maar het intussen tot 'n ongesonde grys uitgewas. Sy kouse is albei swart, maar is van verskillende pare. Die een kous is duidelik hoër teen sy kuit op as die ander.

Die dame met die hoë-hoëhakskoene kom die slegbeligte vertrek binne. Ondanks sy oë brand let hy tog op hoedan haar lang bene in 'n sy-onderbroekie wat met delikate kant afgeëts is, verdwyn. Hannes se hart klop vinniger. Hy is nie seker of sy hartsversnelling die gevolg is van haar kontoere of die wete dat die martelsessie nou weer gaan voortgaan nie. Miskien albei.

Sy kom staan voor hom. Hy kan nie haar gesig uitmaak nie. Daar is slegs een lig in die vertrek, 'n lamp wat direk op hom skyn sodat hy heeltyd sy oë op skrefies moet trek om die pynlike intensiteit daarvan te demp.

“Gaan jy praat?” vra sy in 'n stem wat jazz kan sing sou sy wou, maar Hannes weet dt sy nie sulke volksvreemde ambisies sal hê nie. Jazz-musiek is so ontuis in die Vaaldriehoek soos pap en wors in New Orleans. Hy bly nou al lank genoeg in die Vaaldriehoek om 'n oorsigtelike gevoel te hê vir tipiese musieksmaakvoorkeure. Ongelukkig nog nie lankgenoeg om te weet dat dit gevaarlik is om rond te snuffel by die “Geselskap Dames van die Vaaldriehoek” nie.

South Africa So Far

I arrived in South Africa on Tuesday morning. Not mutch occupied my time on the first day. I went shopping (bought some food to contribute to my host -- my brother) and got some credit for my cellphone card here in South Africa. I planned to go to the Taekwon-Do club in town but it turns out that it is still closed. Classes only resume next week, after the long holiday season.

On Wednesday I also stayed at home -- jet-lag getting the better of me.

Yesterday (Thursday) was much better. I worked a couple of hours on preparing for one of the classes I'm teaching this coming semester and basically finished the syllabus. I still have another module or two to prepare for.

Last night we (two of my brothers and I) went to watch the Afrikaans musical Liefling currently doing the South Africa cinema circuit. "Liefling" is not on my list of favourite films. I'm appreciative of the concept. They used many Afrikaans folk songs and weaved it all into an ellaborate romance. Unfortunately it all felt a bit forced. The characters were also by and large pretty shallow, even for a musical. Bobby van Jaarsveld, the Afrikaans pop-star, is the leading actor. Surprisingly, he was quite efficient, but even his performance could not save the movie. Again, its been decades since the last South African musical film, so things can only get better from here on.

Today was much busier. I went to the bank to get some stuff done, had to buy some clothes for tomorrow (I brought very little clothing with me), quickly visited with a friend, went to a cellphone shop to find out about using my Galaxy Tab in South Africa, was send to a service centre, went to an Internet shop, went back to the cell phone service centre, and am sitting now in a coffee shop waiting for my lift back to my brother's home. There, I will have to try and fix his computer. A virus caused havoc on it, so I was forced to format it last night and install a new Windows platform. The bad thing is that my brother does not have the install discs and drivers for his computer. I'm not quite sure how to remedy the situation.

Tomorrow I'm off to Potchefstroom for the weekend and then back to my brother's for a day or two before I start my journey northward -- final destination Tzaneen.

I'm thankful that I can actually use my phone now to access the Internet which will dramatically improve my stay in South Africa if I don't have to plan frequent visits to Internet cafes. The uncertain thing is how much it will cost. South African cellphone and Internet services are still ridiculously expensive.
Published with Blogger-droid v1.6.5

Liefling -- Die Movie

My broer het onlangs die nuwe Afrikaanse musical "Liefling - Die Movie" gekyk en sê dat dit verbasend goed was. Ek geniet musicals en aangesien die laaste Afrikaanse musical film wat ek gesien het -- een met Ge Korsten -- jare gelede was toe ek nog 'n tjokkertjie was, sal ek graag wil sien waarmee hulle in 2010 voorendag kon kom.



Ek hoop dit wys nog in teaters teen die tyd wat ek in Suid-Afrika gaan aankom in Januarie. Dis, natuurlik, indien ek 'n kaartjie gekoop kan kry.

Ek is geensins 'n fan van ligte Afrikaanse musiek nie, en al weet ek dat Bobby van Jaarsveld (die hoofkarakter in die film) sy oomblikke het, sal die musiek nie noodwendig die rede wees dat ek die film wil sien nie. Ek wil net graag sien wat gebeur in Afrikaans deesdae. Ek verlang na Afrikaans. Boonop, dis nie al dag dat Suid-Afrika 'n musical maak nie en ek hou graag die Afrikaanse film bedryf dop.

Ek hunker na iets in Afrikaans

Ek is uitgehonger na Afrikaanse leesstof. Ek soek 'n boek wat ek kan lees op die moltrein. Maar hier in Korea is daar slegs drie Afrikaanse boeke op my boekrak. Die Mugu van Etienne Le Roux, Antjie Krog se 'n Ander Tongval en 'n digbundel, "om te lewe is onnatuurlik" van Gert Vlok Nel. O ja, en die Ou Vertaling van die Afrikaanse Bybel, alhoewel ek my Engelse Bybel meer gebruik. My karige versamelingtjie Afrikaanse boeke hier in Korea het ek elk reeds gelees (die Bybel ook).

Sal ek maar weer 'n Ander Tongval lees? Ek het dit die vorige keer baie geniet en dit is allermins kwaliteit Afrikaans.

As enige iemand my 'n groot guns wil doen, stuur asseblief vir my 'n goeie Afrikaanse boek!

En so van die Afrikaanse os tot op die Afrikaanse wa, hier is die Karen Zoid se nuwe single, "Bly By My":



Die album kom aan die begin van November uit, volgens die blog Singing South African-ness.

SA Nuus en Internetmedia-aflaaiprogramme

Weens my geografiese verwyderdheid en besige skedule is dit moeilik vir my om ophoogte te bly met wat in Suid-Afrika gebeur. Soms as ek kans het maak ek 'n draai by News24, maar dit is maar baie sporadies.

My oplossing -- iets wat ek baie jare terug begin het -- is om elke week na RSG se Sondagaand nuusprogram, Kommentaar, te luister. Kommentaar is 'n uitstekende weeklikse program waartydens 'n paneel van kenners, soos nuusredakteurs, politieke analiste en joernaliste, saam gesels oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week. Deur na Kommentaar te luister kry ek in 'n halfuurspasie 'n opsomming van die belangrikste Suid-Afrikaanse (en soms ook buitelandse) nuus, sowel as ingeligte kommentaar deur mense wat hierdie nuusstories binne die groter konteks plaas.

Kommentaar saai uit om agt uur in die aand in Suid-Afrika, wanneer dit drie uur in die oggend in Korea is--'n baie ongeleë tyd vir my. Gelukkig het RSG podgooie (podcasts) sodat ek gerieflik die program kan aflaai vroeg in die week en daarna kan luister later in die week wanneer ek tyd het.

Die meeste mense gebruik iTunes as hulle podgooi-aflaaier. Ek het 'n snaakse fiemiesgeid wat my verhoed om iTunes te ondersteun; ek pes monopolieë--vernaam daardie wat die heeltyd advertensie vir jou flits--en weier dus om iTunes te gebruik. Toe ek nog Windows XP as platvorm gehad het, het ek die podgooi-aflaaier Juice gebruik. Juice is 'n baie gerieflike gratis programmetjie wat my podgooibehoeftes met gemak hanteer het. Ongelukkig is dit nog nie vir Windows 7 aangepas nie.

Ek het 'n ander media-aflaaier wat ek hoofsaaklik as my Internetvideo-aflaaier gebruik, naamlik Miro, voorheen bekend as Democracy Player. Miro is 'n wonderlike program wat ek al vir jare gebruik omdat dit aan jou verskeie video-kanale op die Internet bied waarvandaan jy goeie gehalte gratis televisiestyl programme kan aflaai. Die jongste weergawe van Miro laat ook nou oudio-podgooie toe, so ek gebruik dit nou sommer om Kommentaar mee af te laai. Ek gebruik Miro ook om baie van die preke waarna ek luister outomaties af te laai, sowel as nuusprogramme soos Democracy Now. Ek besit nie 'n televisie nie en het ook nie 'n behoefte aan een nie. Ek hou ook van Miro se volumeverhogingkapasiteit. Baie keer as 'n mens video op 'n rekenaar kyk is die klank onaangenaam sag. Miro het 'n ingeboude volumestroomversterke ("sound booster") wat hierdie probleem oorkom -- soveel so dat ek gewoonlik Miro se klank sagter moet stel. Dis nie my enigste videospelerprogram nie, maar dit werk uitstekend vir sekere video en podgooie.

Skallabrak -- "Sandveldboertjie"

Die knapie weet darem maar hoe om daai bekfluitjie te blaas. In egte boere-bluesstyl.

Van Coke Kartel

"Daar was 'n tyd toe musiek nog vir ons heilig was; toe die dwelms not besonders was; en toe jou vriende nog verstaanbaar was . . ." -- Van Coke Kartel







Besonderse Afrikaans.

Afrikaans/Koreaanse blog

Ek het 'n nuwe blog begin om my te help met my leer van Koreaans. Dit is 'n Afrikaans/Koreaanse blog. Indien jy lus het om my vordering te volg, besoek gerus Ek en Koreaans.

Maar nou gaan ek eers iets soek om te eet in my kombuis. Dit sal 'n kreatiewe soektog moet wees want ek het weke laas ordentlike inkopies gedoen. Miskien is dit die missie vir die dag -- kruideniersware. (Is "kruideniersware" reg gespel?)

If You Don't Use It, You Lose it; of hoe sê ek?

Gister speel ek ’n Afrikaanse liedjie op YouTube vir ’n kolega en poog om die lirieke in Engels te vertaal. Tot my groot skok kon ek dit nie ordentlik doen nie. Het my Afrikaans sodanig verswak?! Of is dit my Engels? Hoe ookal, ek kon nie met gemak die Afrikaanse lirieke in Engels bewoord nie.



Ek funksioneer die meeste van die tyd in Engels hier in Korea. Ek praat Engels 90% van die tyd. Die oorblywende 10% word gedeel deur Koreaans en Afrikaans, waarvan Koreaans seker die groter deel neem. My leesstof is byna eksklusief Engels. Die films en ander programme wat ek kyk is seker ook 80% Engels, met die oorblywende persentasie verdeel tussen Koreaans en Japanees. Die enigste tyd wat ek Afrikaans geniet is eenkeer per weer wanneer ek RSG se "Kommentaar" nuusprogram aflaai. Ek het nie enige Afrikaanse leestof nie. So af en toe lees ek ’n Afrikaanse bloginskrywing êrens. Ek het wel ’n Afrikaanse Bybel, maar is meer geneig om my Engelse Bybel te gebruik. Ek is bevrees dat ek is besig om Afrikaans te verleer. Ek ken wel ’n paar Afrikaanse mense in Korea maar ek sien hulle byna nooit nie. My week is gans te vol en naweke is baie keer weke vooruit beplan.

If you don’t use it, you lose it, en ek is besig om dit te lose. Aai tog! Ek sal ’n plan moet maak. Ek sal vir my ’n paar Afrikaanse boeke moet bestel en bietjie meer na my Afrikaanse musiek moet luister. My Afrikaanssprekende vriende, skryf asseblief meer gereeld vir my anders gaan ek volgende keer wanneer ek vir jou kom kuier die heeltyd in Engels gesels en ons almal weet dat ’n mens nie in Engels kan kuier nie.